Ingeland teen die wêreld

  • 6

Ek staan verstom oor die reaksie van die stemmery op die mistige eilandjie aan die kus van Frankryk. Mens sou sweer die wêreld gaan nou tot stilte knars nadat hulle besluit het om uit die Europese Unie te bedank/onttrek.

Ek persoonlik dink dat hulle in elk geval te groot geraak het vir hul skoene. Ek vra myself af wat dra Ingeland by tot die wêreld-ekonomie in terme van grondstowwe. Hul kolonies is geplunder vir die grondstowwe waarop hulle beslag gelê het en tot vandag toe nog beheer. Ek dink hier aan ons buurland Botswana se diamante. Ons land se goud, uraan and ander grondstowwe. Ek kan dink aan ander lande in Afrika wie se grondstowwe na Ingeland "uitgevoer" is of nog steeds uitgevoer word (Oud-kolonies). Ek glo nie daar gaan aardskuddende veranderings kom nie. Net 'n paar manne in die Londense "square mile" besluit wie en waarheen die geld gaan skuif.

Ek dink die bleeksiele is ook redelik gatvol vir die mengelmoes nasies wat reeds daar plak. Hulle het nou skielik agtergekom hier is 'n ding en dis nie modder nie. Hulle wil nie saam met die ander Europese lande nog plakkers hê nie.

Ek gaan 'n skoot in die donker waag en sê daar is nog ander lande wat gaan onttrek of soortgelyke oefeninge deurgaan. Hou die konsert in die VSA dop. Hier kom 'n ding. Die Groot Don gaan die Trumpkaart speel/ wees wat die VSA dalk nodig het.

Die era van die "verligte/globale bewoner"  se tyd het uitgeloop. Ek sê nie dat die wêreld moet terugneuk na despotiese regeringsbestelle toe nie, maar die mens is onrustig. Almal, vernaam die histories "groot" moondhede moet onrustig raak, of is reeds.

Daar is 'n Ingelsman wat blykbaar op 'n stadium gesê het, "the sun will never set on the British Empire". Dis waar woorde, want die Liewe Vader kan hulle nie in die donker vertrou nie. Die tyd sal leer.

Reusedwerg

  • 6

Kommentaar

  • Reusedwerg
    Dit is te betreur dat daar nog steeds Afrikaners is wat Engeland en die Engelse met 1948 oë bejeën en juig wanneer hulle sien hoe die Engelse agteruitgaan!
    Dis nie net Engelse maatskappye wat wetlik en regmatige lisensies bekom het, selfs ten tye van die ou Boererepublieke met Pres Kruger se goedkeuring, om die grondstowwe van SA te ontgin nie, maar ook maatskappye van ander lande, waaroor geen besware deur genoemde Afrikaners geopper word nie.
    Ek persoonlik dink die Engelse het tot eie nadeel besluit om die EU te verlaat, tot moontlike gevolge dat Skotland hulle van die Britse unie dienooreenkomstig sal onttrek. Hoe dit ook al sy, sodra die stof gaan lê het word met die nuwe situasie aangepas, en gaan die lewe vir die Engelse gewoonweg voort.

  • Reusedwerg

    Bykomstig tot wat ek hierbo geskryf het:

    Die Boere onder Paul Kruger het beide nie die kapitaal asook die kundigheid besit om hul grondstowwe te ontgin nie, die dat hulle lisensies daarvoor aan diegene wat dit wel kon doen het, die Britse maatskappye oa uitgereik. Van 'n brandarm republiek tot die rykste staat in Afrika omskep.

    Met die swaar belasting op sodanige ontginning, kon die Boererepublieke bekostig om van die beste wapentuig, beter as die Britte s'n, aan te koop om die Britte op die slagveld aan te vat. Sonder hierdie wapentuig, met Britse myngeld aangekoop, sou die Boere nie so lank kon uitgehou nie.

  • Dankie vir jou geskiedenisles Jaco. Dit het lank voor my tyd gebeur. Ek verlustig my nie in ander se leed nie. Daar is 'n spreekwoord wat my oorle ma altyd gebruik het. Die blinde sambok gaan jou een of ander tyd piets. Baie noem dit karma. Die Ingelse het op die kolonies geteer en hulself verryk. Die Amerikaners doen dit, die Sjinese, trouens almal doen dit. Soos genoem wat my verstom is die bohaai oor die Ingelse stemmery. So f...n what? Die "demokrasie" het oorwin. Boris en sy trawante se strategie het gewerk. Soos die Clintons en Obamas van die wêreld op die gepeupel se gevoelens gespeel het, het die uittrekkers dit in Ingeland gedoen.

  • Reusedwerg

    Jy skryf: "Die Ingelse het op die kolonies geteer en hulself verryk." Met hierdie veralgemeende maatstaf van jou, kan dieselfde veralgemeende stelling van die Afrikaner in hierdie land gesê word. Wat dink jy nou daarvan?

  • Reusedwerg
    Daar is altyd twee of meer kante tot elke storie, en nie noodwendig dat een uitsluitlik reg is nie, in beide jou en my geval ook. Die feit dat daar soveel botsende denkpatrone in die wêreld is, elk met sy eie argumente en aanhang om daardie denkpatroon te staaf, is bewys vir my stelling daartoe (ek dink?).
    Die Kobus de Klerk, Angus en ander se saga's is voorbeelde van botsende denkpatrone, elk met sy eie argumente en ondersteuners wat SêNet interessant gemaak het. FC Boot en myself het botsende denkpatrone ook geargumenteer, en alhoewel ek miskien sal dink hy was verkeerd, is daar ander weer wat dink ek was verkeerd.
    Ek vind dit eintlik jammerlik wanneer skrywers soos jy en Duitswester stellings maak, en dan wegskram wanneer sodanige stellings bevraagteken word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top