Ineengevlegte liefde
1
Ineengevlegte liefde
ineengevlegte ek en jy
ineengevlegte liefde
het gekom om te bly
2
Ineengevlegte liefde
ineengevlegte my en jou
ineengevlegte liefde
weef my vas teen jou
3
Refrein:
Ineengevleg
dan’s alles reg
die mis is weg
en die lug is blou
4
Refrein:
Ineengevleg
ineengevou
ineengevleg
groei ek saam met jou
5
Ineengevlegte liefde
en soentjies wat klou
ineengevlegte liefde
hou my vas teen jou
6
Ineengevlegte liefde
en gemengde sweet
ineengevlegte liefde
is net vir dié wat weet
– vra maar die profeet
7
Refrein:
Ineengevleg
ineengevou
ineengevleg
gaan ons ’n stamboom bou
8
Refrein:
Ineengevleg
ineengevou
en voor die reg
sweer ek trou aan jou
9
Refrein:
Ineengevleg
ineengevou
en in die eg
bly ek trou aan jou
10
Refrein:
Ineengevleg
ineengevou
vasgeheg
klou ek steeds aan jou