"In my" deur Anika de Kok

  • 0

Vers 1:
In my gedagtes worstel ek met woorde
In my hart voel ek net seer
Trane stroom en stroom en daar is geen keer
Emosies oorvleuel my gedagtes met woede en seer

Voor-refrein:
Soms is dit nodig om als te laat gaan
Soms het mense net nodig om te verstaan

Refrein:
My worde waai weg soos die wind verby my waai
Word al sagter en word verdraai
My moed sak weg en my hoop raak min
Ek het geen meer woorde vir ’n nuwe begin

Vers 2:
My gedagtes hou my besig en die wêreld maak seer, wens daar was ’n manier om almal se seer te keer
My hart voel swaar diep en donker
Dinge van die mens wat jou maak wonder

Brug:
Daar’s ’n worsteling in my gees wat ek nie verstaan
My gedagtes hou my besig terwyl als vergaan
My gees voel onrustig terwyl die wêreld vergaan

Einde:
In my is ’n onbeskryflike seer
Als net emosies wat ek nie kan keer
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top