"In Kore Sal Ons Skree" deur Dewald Botha

  • 0

In Kore Sal Ons Skree

Ek sal my woorde tel
Een vir een sal ek dit
vir haar leen
Dit voel soms soos die einde
Maar 'n nuwe begin wat wag
Want môre is nog, nog 'n dag

Jy het alles vooruit beplan
Lag-lag het alles voor jou vergaan
Trane het daardie nag geval
Een vir een het Hy dit opgetel

REFREIN:
Staan, staan, staan jy saam?
Vat my hand en gaan jy saam
Verstaan jy nou waarheen
al die engele gaan?
Staan, staan, staan nou saam
Vat nou hande dan gaan ons saam
Verstaan jul nou waarheen
al die engele gaan?

Woorde maak soms seer
Die waarheid wen altyd die leuen
Hoor, hoor, hoor jy my?
Hoor, hoor, hoor jy my?
Hoor, hoor, my nou mooi
Die waarheid wen altyd die leuen
Die waarheid wen altyd die leuen

REFREIN

Ek sal jou nooit laat gaan nie
Dit is nooit ooit te laat nie
In kore sal ons tree
In kore sal ons eendag skree

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top