meeste ervaar Lewe, asse uniek’ soort trip, wêreldreis,
probeer soveel moontlik in t’drink, van haar betow’ring,
kanti, Mens weet presies, by Wie lê waarlik Oorwinning,
Wie’s Hoofgas, Gasheer, Voorsitter, Heerser, in Paradys
verlang Mens soms, nes in wille droom, Godskrag t’traai,
forensies moraliteitsuperioriteit, ubuNtu, ja, Liewe Heer,
spinsangomas, agitproppers, analitici, weet, Wie Kreëer,
hoe Self-destruksie-agente Selwers lustig deur ore naai
lat “Duiwelspiek”-trieksters, papsakliterati, sowaar probeer,
vir oulaas t’check, hoev’l hul, vampiries, yt Naaste kan vis,
hoev’l mede-Avatars’l nog vorie voet, kan verkrag, verraai
Mens, via Eie onkunde-ontkenningspsige Self verdelg, uitwis,
hier in Afrika, post-Gondwana, sonner Vryheid’s niemand vry,
begin Mens mos eers leef, Bó, in U Hemel, o Jena, Lewe Twee
Jacobus Faasen

