In elke taal en godsdiens bestaan so iemand

  • 0

Sabbat Sjalom

 

Dis so dat menige hart al weersin ervaar het aan die formaat wat deur 'n bepaalde Godsdiens op hul afgedwing is. Daar kan kwalik uitsondering aan enige Christelike, Hindoe, Moslem, Joodse en selfs Boeddhistiese bediening daarvan wees.

In elke taal, kultuur en Godsdiens op aarde is daar 'n Kobus de Klerk. Selfs tussen Agnoste en Ateïste is daar diegene wat hulself ywer om ander se vreug in absolute selfsugtigheid te verkrag. Enigeen wat sulke geweld in watter omstandighede ookal ervaar, onthou die trauma daaraan hetsy dit Protestants of Katoliek is.

In die wegvlug van boewe om elke hoek en draai in die lewe, word daar oor en weer gevlug uit en na elke groepering denkbaar. Iewers vind ons troos en dis waar ons uiteindelik staan of val. My pyn kom deur die Calviniste, maar ek weet ook van vele Katoliek wat weer hul vrede by die Charismata gevind het.

Wat ek wel geleer het in die liefde en genade van ons Almagtige Lewende Skepper is dat dit nie oor ons bewustheid van GOD gaan nie, maar eerder ons ingebore band met ons Skepper en die verlange wat dit skep wat soveel verheerliking in GOD oral op ons aarde meebring.

Baie het seergekry in die Afrikanerdom se gereformeerde Christelike Nasionale onderdrukking. Menige verstaan dit as "Apartheid". Die hartseer gevolg; 'n verskeurde mensheid in moord en doodslag wat sekerlik vir geslagte gaan duur. Aan die anderkant is daar menige Afrikaner wat vandag en heel verstaanbaar hul Protestante opvoeding in weersin beskou.

Hoe anders?

Maar ek glo dat daar vir 'n ieder en elk troos aan die borste van Jesus Christus, GOD ons MOEDER is.

Mag Jesus Christus onse Hemelse Vader, self Sy beskerming en skeppingsmag oor 'n ieder se hart bring wat hier lees.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top