"In elke môre" deur Nico Breytenbach

  • 0

In elke môre

(1)
Alles is verkeerd
Die waarheid is bitter wreed
Ek sit hier alleen
Besig om te ween

(Pre-chorus)
Maar toe ek verby jou loop
Kry ek nuwe hoop

(Chorus)
In elke môre, in elke sonskyn
Sien ek net vir jou
’n Nuwe begin, ’n nuwe lewe
Iets waarna ons kan strewe
(ooh) Ek wens ek kon my arms om jou vou

(2)
Die lewe is bitter hard
Ek is verdiep in my smart
My duisende trane drup
Jy het my hart uitmekaar geruk

(Pre-chorus)
Maar toe ek verby jou loop
Sien ek daar is hoop

(Chorus)
In elke môre, in elke sonskyn
Sien ek net vir jou
’n Nuwe begin, ’n nuwe lewe
Iets waarna ons kan strewe
(ooh) Ek wens ek kon ons liefde weer herbou

(Bridge)
Ek is lief vir jou
Oneindig lief vir jou
Maar dinge het bitter skeefgeloop
Ek is van al my geluk gestroop

(Chorus)
In elke môre, in elke sonskyn
Sien ek net vir jou
’n Nuwe begin, ’n nuwe lewe
Iets waarna ons kan strewe
(ooh) Ek wens ek kon jou hand vashou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top