"In die Verwarring" by Charl Mijnhardt

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

In die verwarring
Met gemartelde spier
Moet ek spartel
Teen die verwronge gedagtes
Wat by my spook
Met angstige vuiste
Veg ek teen die duister
Skadu-kanonne ruk my oop
My kneukels wit
Waar ek sit
My naels byt my palms in
Genkneusde oë
My keel is droog
Soos ‘n lem deur weefsel sing

Maar die duisternis het ek verwerp
Die doodsangel was te stomp om bloed te trek
Magteloos en impotent het dit afgebreek
In ‘n huid hard gemaak deur lewe
En deur glo
Dat ek beskerm word van bo
Ek is ‘n bode, ‘n gapantserde soldaat
En nou is ek
Sterker

In die verwarring
Was ek stukkend
‘n mislukking 
‘n onderdrukte
Slaaf van dwase begeerte
Maar uiteindelik voel ek die leemte
Verdwyn
Gelouter van pyn
Ek is een van die uitverkosene
My bestaan was boos en ‘n
Doring wat diep die vlees gefloof het
Maar gered deur die anker wat ek in geloof het

Deur my vrees was ek verskeer
Ek val op my knieë neer
‘n Stem kom deur
Sag en teer
‘n Slaaf nie meer
‘n Slaaf nie meer

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top