"In die stilte van jou skoonheid" deur Wynand Kotze

  • 0

In die stilte van jou skoonheid

Het jy al gesien hoe dit lyk as namakwaland blom?
En as die see met rotse stoei ...
En weet jy hoe dit voel, die volmaakte oomblik, van ’n eerste soen?
Dae is korter, die nagte my skuilplek... Want jy is die rede vir ’n warboel van emosie

Koor

Dans dans dans, nie op musiek nie
Maar op die ritme van jou hart
Sing sing sing, nie met woorde nie
Maar met daai kyk
En ... weet, weet, weet dat ek hier is, in die stilte van jou skoonheid

Begin nou, begin hier en wys my dat jy omgee
Weet dat ek jou wange wil streel, jou hande wil vashou ...
Snaaks hoe ek voel, na als wat jy doen
Ek wou met jou trou ...

Brug

Staan weg! Ek kom, ek wil jou kom haal!
Ek is lief vir jou, die eenvoud van die woorde sal jou red
Ek weet wat jy soek, gee my net dit wat jy het...

Koor

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top