In die ongerepte somerreën
My onrealistiese gedagtes
wen my die titel van dromer
as ek kon sou ek net hier bly
in jou nooit-naby-genoeg-omhelsing
want ’n hartklop weg van jou is te ver
in die ongerepte reën van die somer
Refrein:
Jou woorde reën om my neer
Deurdringende versekerings dat ons moet aanhou probeer
Hoe kan ek huiwer in die ongerepte somerreën
Hoe kan ek bang wees as ek weet
Dit vat meer as net afstand
Om van jou hartversnellende nabyheid te vergeet
Jou asem vlak in my nek
Is waar my realiteit en drome ontmoet
En die kyk in jou oë is wat die bitterafskeid versoet
In die punte van jou vingers lê die huiwering
Hoe ver kan herinneringe strek
Voor more nog ’n onmoontlikheid oor ons bring
Refrein
Jou woorde reën om my neer
Deurdringende versekerings dat ons moet aanhou probeer
Hoe kan ek huiwer in die ongerepte somerreën
Hoe kan ek bang wees as ek weet
Dit vat meer as net afstand
Om van jou hartversnellende nabyheid te vergeet
Woorde ontbreek my vasbeslote gedagtes
As ek net kan weet wat van my verwag is
Want ek wil die gevoel verstaan
Ek wil so graag kan sê ...
Dis jou vel teen myne wat my woorde vertraag
En ek besef: In die ongerepte somerreën
kan woorde jou nie beskryf nie
Jy is alles

![]() |