heelnag gelê en luister
hoe die reën teen die berg vaswaai,
saam met die wind, weg van die see af,
oor Leeukop se klipwang
en ’n vaal verlang uit die Tuine tap
heelnag die stilte gesif,
woorde bymekaar wou sit soos twee hande,
soos bandjies om ’n kiewietjie se bors gevou
maar in die nag is ’n kiewiet net ’n klank
teen ligdag verdwyn dit op tone
tussen diepblou bome
net jy bly dring in my gedagte


Kommentaar
baie aan-grypende vers.
Dis amper trippelend mooi, soos die kiewiete beweeg, Nicolette.
Veels geluk Nicolette, dis so mooi geskryf en verdien hierdie ereplek! Trots.
Baie dankie, almal. Waardeer julle mooi kommentaar!