In die gebroke hart
My oë vertel ’n storie
Oor hoe graag ek jou wil hê
My kop sê laat hom gaan
Maar my gebroke hart wil nie gaan lê
Want lank gelede het ek my hele hart vir jou gegee
Maar jy’t dit uitmekaar geskeur
Al daai stukkies saam
Klop nog steeds jou naam
In die gebroke hart
Klop jou naam nog ’n slag
Ek sien jou voor my staan en lag
Ek wens ek kon wegbreek van jou aantrekkingskrag
My knieë knak
En my wêreld sak
Ek val dieper elke liewe dag
Die gebroke hart
Lê ek in stukkies weer voor jou neer
Wegkruip sal nie help nie
Hoe vlug ek van myself
Ek weet dit is verkeerd
Om jou nog te begeer
Opgee is nie moontlik
Want dis jy wat ek langs my sien staan
Dis ’n hopelose saak
Want soos ek in jou oë staar …
Ek het my hele hart vir jou gegee
Maar jy’t dit uitmekaar geskeur
Al daai stukkies saam
Klop nog steeds jou naam
In die gebroke hart
Klop jou naam nog ’n slag …
![]() |



