"Iewers" deur Omi Shari

  • 0

Iewers

Iewers in die groot natuur
In die heelal ver van hier
Is daar ’n plek waar ek graag sal wil bly
Spesiaal vir jou en vir my
Iewers langs ’n stil rivier
Ver weg van die stadsplesier
Is daar ’n plek waar ons veilig kan voel
Ver weg van die hel se gewoel
Iewers speel ’n ou klavier
Stuur ’n noodsein deur die muur
Verweer deur die lewe oor die jare heen
Sit ons hier stoksielalleen
En ons dink aan al die swaarkryjare
Aan ’n wêreld wyd en vol gevare
Aan die dinge in ons land wat brand
Aan die lewe aan die ander kant
Maar ... is daar lewe aan die ander kant?
Iewers in die hemelland
Het jy dalk jou siel verpand
Styf vasgekelder en verbouereerd
Struikel ons oor reg en verkeerd
Iewers is ’n maanlignag
Omring deur ’n kring van sterreprag
Ver weg van die stad se gejaag
Lê daar ’n paradys en wag

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top