"Iets in my" deur Nelius Boshoff

  • 0

Iets in my

Iets in my
dieper as woorde
maar nie so diep soos jy
dís wat sal bly.

Asem snak na asem
en die siel keer altyd terug
van ’n swerftog oor die aarde
’n spesmaas van ’n sug:

na iets in my
na iets in jou
liefde wat ek alleen
moet onderhou
liefde wat ek alleen
na buite skryf
liefde begrawe
soos my lyf.

Maar binne my
dieper as woorde
dog nooit so diep soos jy
is iets wat bly.

Iets in my.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top