met graagte, umNtu, uit Liefde, vir Naaste,
Gee God altyd, Absoluut net Sy Allerbeste,
vir Mens, mede-Mens, in deeske Geweste,
Planeet Een, voorheen bekend as “Aarde”,
nie sommer takserend t’Skat, na Waarde,
nog minner, ten minste, ultra-allermins,
Allah mapstieks, o Skepper, van Alles,
t’Onnerskat, t’Onnermyn, t’Onnerdruk,
m’t Duiwelspiek-dissipels t’probeer Skik
hayibo, Mens, vra gerus vir Bloeddiens,
of Mens-bloed korrieng “ras” byeen pas,
hoe Menswaardigheid Naaste kan verras,
Mens Mens Self uit deesk’ krisis kan bid,
Oorlewingsproses duid’lik aan ’t gang t’sit
Jacobus Faasen

