Idiotiese “vleislose Maandae”?

  • 0

Radiostasies bevorder “vleislose Maandae”? Hul moet liewer “hardlywige Maandae” bevorder, want blaarslaai, uie, aspersies en komkommer laat my poep soos ’n koei. Mense hou nie op skuit op Maandae nie, maak nie saak wat eet hul nie en rioolwerke produseer meer metaan as voerkrale. Buitendien, ek is lankal ’n vegetariër, kan nie lam bekostig en eet net hoender wat krimp in oond. Hoender is mos groente? Vis kan ek lankal nie bekostig nie. Kan omroepers asb dink voor hul idiotiese clichès smous? Daai diere skuit meer Maandae op kraal, want hul is nie hardlywig nie en hul wag om Dinsdag geslag te word. Praat van te hoë dunk van jou eie opinie en te min dink?

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top