Idiome op ’n ry
’n Nuwe blaadjie omslaan
Net om weer op die draad te sit
Terwyl jy te diep in die bottel kyk
Jou beste voetjie voorsit
Dit gaan so tussen die boom en die bas
Maar hoë bome vang die meeste wind
Die bordjies is verhang
Die een se dood is die ander se brood
Koor
Idiome op ’n ry
Wat boekdele spreek
Van hier tot in Parys
Tot binne elke huis
Stille waters diepe grond, onder draai die duiwel rond
Dun gesaai
Daar is ’n slang in die gras
Sy speel op AVBOB se stoep
Koor
Idiome op ’n ry
Wat boekdele spreek
Van hier tot in Parys
Tot binne elke huis
![]() |



