Ideologie is verweef in tradisionele gebruike!

  • 0

Geen etniese tradisies en gebruike was ooit vry van ideologiese doelwitte en doelstelling nie! Dis bloot 'n roomkoek utopiese mistasting dat tradisies en gebruike vry is van ideologieë! Bv jode se ideologie in Israel, is direk uit hul tradisies en gebruike en so ook islamitiese state se sjaria wettereg stelsel wat Taliban volg. Afrikaner-ideologie met hul tradisies is verweef met hul afstamming juis uit Europa. Wit Amerikaners se tradisies en gebruike is ideologies nou verweef met hul oorspring uit spesifieke Europese stamland! Selfs in SA vier bv Grieke of Iere hul spesifieke etnies gebaseerde Europese tradisies sonder dat 'n haan daaroor kraai dat dit wit verregse rassisme is. Afrikaners se stryd gaan juis oor die diskriminasie dmv etikettering as rassiste of verregs, as ons aandring op ons grondwetlike regte om vir ons eie tradisies te strewe. Ek sal tot die dood aandring op my etniese universele reg om myself te wees en te bly met eie tradisies en eie gebruike!

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top