Cornelius ek het jou brief gelees en wonder ek ook oor die statistieke wat gebruik word. As dit die werklike weergawe is, is ons as Afrikaners of Blankes teoreties moertoe.
Ek het die berigte oor Irene van Niekerk in die koerante gelees. Ek hoop ek is verkeerd, maar daar is nog baie gevalle soos sy en daar gaan nog meer voorkom.
Ek het ook die onderhoud wat met haar gevoer is, gekyk. Wat opmerklik is, is die onskuld aan die kind. Dit wil voorkom asof sy nie enige streke of aansitterigheid aan haar het nie. Die situasie waarin sy en haar familie hulself bevind is daar nie tyd en plek vir aansitterigheid en drama nie. Jy oorleef en maak die beste van elke situasie. Ek sien dit hier waar ek nou woon. Ek het dit in Pretoria gesien. Die Afrikaner het nog nie swaar gekry nie. Verstaan my, ek wens geen swaarkry oor enige persoon nie. In vergelyking met Irene het ek nie swaar gekry nie, maar het ek ook nie in weelde geleef en gekry wat ek wou gehad het nie. Ek is ook deur regstellende aksie, en het ook alles verloor. Ek neem die blaam volkome op my. Ek was voortvarend, arrogant en het gedink ek is Pontius se nefie. Tot eendag, toe word die mat onder my uitgeruk. Ek het gelukkig op my kniege te lande gekom en nie op my stert nie. Ek het hand in eie boesem gesteek en sedertdien op my kniege gebly. Dit gaan met my baie beter. Ek het nie 'n saak met die ongelowiges, agsnotiste, ateïste, anargiste en diesulkes nie. Ek weet wat ek weet, en ervaar wat ek ervaar. Hulle kan my beskuldig van naïwiteit, onkunde of wat ook al, ek was aan albei kante van die spoor. Ek kan hulle net verseker ek is heel gelukkig waar ek is, en geen wetenskaplike of andersdenkende sal my kan oortuig nie.
Wat ek as Afrikaner van die sg "Afrikaner" ervaar is die nydigheid, afguns en selfopgelegde meerderwaardigheid teenoor ander mense. As jy nie 'n sekere status handhaaf nie is jy laer as kreefpoef se skaduwee. Daar is 'n groot verskil tussen waardigheid en verwaandheidswaansin. Ongelukkig kan waardigheid nie met geld gekoop word nie. Dit is soos klas. Klas is nie die stand van jou bankbalans nie.
Ek is jammer om te sê, tensy ek met die verkeerde Afrikaners te doen het, die meerderheid koppel geld aan klas en waardigheid.
Die enigste hulp sal kom as die Afrikaner homself verootmoedig en sy knie buig en bid vir hulp van ons Hemelse Vader.
Hou vir Irene dop.
Reusedwerg


Kommentaar
Beste Reusedwerg,
Baie dankie vir jou deelsaamheid.
Selfs al verdubbel 'n mens die syfers wat ek elders aangehaal het, bly die prentjie dieselfde.
Hoorsê is daar hierdie jaar glo meer as 'n miljoen wit Afrikaanses in plakkerskampe, volkome afhanklikes van hul familie en ander wit Afrikaanse werkloses uitgesluit.
Gereken dat daar volgens sensus 2,5 miljoen wit Afrikaners in ons land is (kinders en afgetredenes ingesluit), dan laat dit nie veel wit Afrikaanses in ons land in die ekonomie oor nie.
Tog word regstellende aksie en swart bemagtig meedoënloos teen ons laaste pionne gevoer.
Reusedwerg, die persoonlik ervaring wat jy deel is inspirerend, en eg Afrikaner!
Nee, ons wil nie bejammer word nie.
Ek glo egter dis nodig om oop oë met die onderdrukkers en Boerehaters om te gaan.
Ek neem 'n veer uit jou hoed en gaan my gewis ook minder aan die "spiritueel intelligentes" steur.
Boeregroete,
Cornelius.
Vir ’n Afrikaner is daar nêrens om te gaan as jy hulp nodig het nie. Ons het alles oornag verloor en woon nou in ons voertuig nadat ’n sogenaamde vriend ons besteel het. Ek is ’n ambagsman en goed met wat ek doen. Raai wat, my eie mense stel nie belang nie nêrens kom ons reg nie en vir ons mense nêrens om te gaan nie. Ek wil werk maar ek is of te oud of oorgekwalifiseerd. Nog altyd op my eie voete gestaan en besef nou eers hoe alleen die land vir ’n witman is as jy nie geld het nie. Dit is waarom die land deur mense van Pakistan en Japan en so aan oorgeneem word, want hulle staan saam en help mekaar. Ons lewe net vir onsself as ons saam staan en mekaar help. Wie weet, miskien sal ons volk oorleef, maar soos ek dit nou sien is die Afrikanervolk gedoem tot uitsterwe.
Fred
Soos jy self hierbo erken, jy het die fout begaan wat tot gevolg gelad het dat jy alles verloor het, hoekom dan die Afrikaner in die breë daarvoor blameer?
Pleks van selfbejammering, doen eerder iets daadwerkliks om jou lot te verbeter, al is dit in die vorm van karwag of goedere by die robot te verkoop totdat jy beter alternatiewe bekom het.
Beste Fred
My innigste simpatie.
Jy is ongelukkig nie die eerste en enigste wat deur sg vriende bedonner is nie.
Ek glo nie Jaco kan homself inleef in so 'n posisie nie.
Glo my daar is min hoop vir wit werkloses in hierdie land. My eie dogter het na sewe jaar die slagoffer geword van regstellende aksie hoofsaaklik omdat 'n baie bekende Duitse IT-maatskappy se getalle nie geklop het sover dit die demografie van die land weerspieël het nie.
Sy en 'n Indiërdame word toe die slagoffers van die regstellende aksie en word aangesê in 'n Skype-onderhoud dat hul hul tassies moet pak. Sy was lid van 'n baie bekende vakunie maar die kon ook niks aan die saak doen nie.
Die grootste vernedering vir die twee was dat hul plaasvervangers reeds hul plekke ingeneem het gedurende hul laaste maand van diens! Dit is nou nie dat die kind nie gekwalifiseer is nie maar haar honneursgraad was in die saak van nul en gener waarde.
Die ironie van die saak is dat dieselfde maatskappy haar nou 'n ses maande kontrak aangebied het. So is sy nou die enigste broodwinner want haar man se vennoot het ook besluit dat 'n vriendskap van 30 jaar nie genoeg is om die vennootskap aan die gang te hou nie.
So bedonner Afrikaner vir Afrikaner terwyl die een heelpad bank toe lag beland die ander in die grootste armoede en is die twee kinders nou in matriek die grootste lydende party.