Hulp gesoek! Korrekte skryfwyses van Suid-Afrika se wêrelderfenisgebiede?

  • 1

Goeiemôre!

Kan iemand dalk help met die korrekte skryfwyses/name van ons wêrelderfenisgebiede? Dit verskil orals waar ek soek!

  • Cape Floral Region – Kaapse Floraryk/floraryk
  • Mapungubwe Cultural Landscape – Kultuurlandskap/Kulturele Landskap/kulturele landskap
  • Fossil Hominid Sites of Sterkfontein – Hominiedfossielterreine van Sterkfontein
  • Richtersveld Cultural and Botanical Landscape – Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap/Kultuur- en Botaniese Landskap

Baie dankie!

Groete,

Greta Bredell

  • 1

Kommentaar

  • Greta
    Wat van Mapungubwe-kultuurgebied (of -kultuurterrein) en
    Richtersveldkultuur- en botaniese gebied (of botaniese terrein)?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top