Huis, woning, tuiste: Verre tuiste

  • 1

Verre tuiste

As die skemer stil val
oor roesrooi berge heen.
Waar donderwolke kolkend maal,
en my hart sy vrede vind.

As die reuk van moerkoffie
my verlange ontwaak
Soos ek uitkyk,
Oor onbekende vlaktes.

Ek smag na my tuiste.
Na die plek waar liefde groei.
As ek verdwaal tussen skare,
In die gedruis van stadstrate …

Namakwaland,
Jy het steeds my hart.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top