Verhuis om te verrys na ’n ver reis
die veld juig saam met die boeksakdraer wat vlietend streep oor die graslande
in stilte klop. klop-klop aan die klok
uit die skamel van biddende knieë
bly iemand staande, dog bewoë,
met die tyding van lyding en onsamehangende dade
die grond het dors gedrink
die bloed was welig
en oud
die kerk is aan die brand
armes loop hand aan hand
en die waarde van ons aarde
word bepaal deur van riebeeck se skande
’n hanslammergedagte
dra my oor hierdie galgebraakte vlakte
en
huiwer op die hoek van die hartsland se fondasie
daar waar vuur en konka flou hande lawe
daar maak ek my tuis in opverdeelde spasie
gewillig en gedwee roer die spaan hierdie gawe
tussen flikker en klont
die hemel en grond
word, soos verwag,
gewels en sandsteenmure ontlont
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


