Huis, woning, tuiste: ’n Tuiste in die hemel

  • 1

’n Tuiste in die hemel

Geskilferde fragmente van haar harde houtwerk val soos sneeuvlokkies van haar sagte handpalmpies af

Sy bekyk haar eindproduk tevrede:
Vervuld
Haar hart is darem nou halfpad volgestop
Soos ’n ou kussing in die linnekas

Sy trek haar fyn vingertjie oor die raamwerk van haar houtstruktuurtjie
"Mamma, boetie, woefie," fluister sy vir haarself en die feetjies.

Sy trek ’n splintertjie uit haar wysvingertjie uit:
Selfstandig
Met ogies wat lyk soos iets uit ’n strokiesprent dagdroom sy oor gister se geluk-elemente vir haar

Sy besluit toe nou om op haar tekenpapier ’n bekende vormpie te skets
Sy knip dit toe uit met haar pienk patroontjieskêr

Versigtig met haar bewerige klein handjies plak sy die prentjie van die kruis reg bo die huislike rooigeverfde deurtjie

"Pappa," fluister sy saggies uit respek, vir haarself en die engeltjies.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Dankie vir die lekker leesstof. Ek sal daarvan hou as u my ook op hoogte
    kan hou van skryfkompetiesies, waarin ek ook kan deelneem.
    Ek is nou student by Skryfgeheim as Vryskutjoernalis, nog besig met my
    kurses. Dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top