’n Huis sonder ’n storie,
Is soos ’n dam sonder water … leeg.
In elke hoek van die huis
Maak die ritme van my lewe haar tuis
Sy is somtyds gekwel, party dae nie wel,
Maar die lyn van die storie geval haar wel
Die siel van die kamer word bepaal
Deur die lewe gemaal
’n Oomblik van bevryding word gestalt in
Stukke stoffasie wat hul laat geld
My heimwee is onvermydelik
In elke fotoraam so duidelik
My sool op die vloer laat my beurtelings
Van kamer na kamer loer
Vir my lewe die grein van die hout
Met kleur en hale ingesout
Die verweer van die mure
Word deur prente van hoop besture
Jy beskou die eiesoortigheid van jou lyf
In gelid met jou huis se oopkop wysheid
Jy lei die besoeker na elke geluid wat die beeld van jou lewe uitspuit
Jy vou hul in jou betonkudde -
En maak hulle deel van jou ritmekrukke
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


