
Foto: Canva
Huil die maan ooit oor die son?
Die maan en die son het die mag om mekaar heeltemal te verwoes,
maar met afstand bly hulle in ewewig om balans aan die hele wêreld te bring.
Een aand droom ek die maan huil
vir jare al draai sy en die son om mekaar
koester standvastig die ritmes van die aarde
bestem tot ’n lewe van afstand, waar onder die hele mensdom skuil.
Sterre soos trane rondom haar silwer gesig,
boodskappe van hoop en verlange in elke een,
met ’n enkele konstante sterretjie aan haar onderste punt
’n ongevraagde troosprys waarvan sy nooit kan vlug.
En ek wonder.
Dalk is dit so bestem en bespreek
want die groter duister weet:
Sommige harte is veiliger op ’n afstand sodat hulle mekaar nie breek.

