Hoëveld-donderweer deesdae?

  • 0

Vanoggend het ek regop gespring uit diep slaap, toe donderweer naby my huis slaan. Dit lyk my Thor is die donner in deesdae, want hy swaai daardie hammer met geweld deesdae.

Ek het in my newels gedink dat 'n kitsbank naby dalk opgeblaas was.

Wel, ek het tyd gelede in dorp gestaan en gesien hoe die weerlig die hoek van 'n gebou tref en stukke stene en beton onder in besig straat die niksvermoedende motorkarre by verkeerslig tref. Toe wonder ek of so-iets uitgesluit is in fynskrif van versekering en watse vals misdade vir versekering eis opgedis gaan word!

Ek dink dat die geweld van so weerligstraal 'n mens ook in stukke kan ruk? Die natuur is darem gewelddadig.

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top