Hou my vas
Raak aan my en ek verdwyn
Kinderspeletjies is nie vir my
Inligting maak my deurmekaar
Fluister duideliker of is dit te veel gevra?
Hou my vas en maak my glo
Want ek hou van jou
Skilder woorde rigtingloos
Ek soek jou … nou
Vingerpunte verlang na die glimlag
Gehore wat jou liefde weerspieël
Vergifte stiltes wat hier kom tuismaak
Geheime ontbind deur die heuning in jou mond
Hou my vas en maak my glo
Want ek hou van jou
Skilder woorde rigtingloos
Ek soek jou ... nou
Jou ster dwaal ’n bietjie in die donker
’n Toekoms nutteloos
Wag vir my
Hou my vas en maak my glo
Want ek hou van jou
Skilder woorde rigtingloos
Ek soek jou … nou
![]() |



