Hoor jy my?
Hoor jy my? Verstaan jy my?
Weet jy wat ek bedoel?
My hart so leeg my gemoed loop oor.
Ek skilder vir jou my lewe.
Ek’s die lap en kwas en jy my verf,
Sonder jou kleure is my prentjie leeg.
Koor
Van Gogh en Picasso kan maar gaan slaap
Da Vinci en Rembrandt is geen patch
Want Jy is so bekend diep in my hart
Ek sal jou altyd styf vas hou
saam gaan ons die lewe bou.
Hoor jy my? Verstaan jy my?
Weet jy wat ek bedoel?
My hart so leeg my gemoed loop oor.
In my drome gee ek jou my siel
Agter elke donker wolk sit jy
Sonder jou silwer rantjie is daar geen lewe meer vir my.
Koor x 2
![]() |



