Hoor jy?
Ongenaakte, ongetwyfeld bly die
oorstelpte lewe waar ons dikwels net stil verduister
Maar hoor jy my hartklop, hoor jy my fluister?
Dra jy my bede, wil jy nog luister?
Hoor jy, hoor jy, hoor jy ek skreeu die antwoord?
Jou geïndoktrineerde waarheid
sal nooit praat nie, val die stilte van jou oë af
en dalk proe jy soms die balk
Die waarheid wil soms nie laaf nie, die waarheid
lê ongekunsteld in die stomme stemme wat dit sing
Hoor jy die hartseer stilte, hoor my, hoor my, hoor my asb
Ek weet die dae se kakofonie groei vas in jou wese
Weet jy hoeveel keer ek gil voor die waas lig en jou oë iets sê?
My woorde hang roerloos in die lig en jy verstaan nog steeds nie
Hoor jy my hart klop, hoor jy my fluister?
Dra jy my bede, sal jy nog luister?
Hoor net, hoor net, hoor net, hoor net as ek vra
Hoor net as ek vra of jy my werklik liefhet
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


