o teder verlange, o galbitter spyt,
Millennium Drie uurglas loop uit,
minuutmatig, al’t Sapiens Sapiens,
noggie g’buya, na Skepper se Sin,
maak noggie sin, van Sy Sin, jy sien
Mens is nog gewetenloos, Gewete-loos,
noggie Sy Vryheidspark se Vryheid b’leef,
noggie Paradys-Sensasie begint nastreef,
ervaring van Gewete-Herwinning, Bevryding,
Verlossing uit gat van onkunde-ontkenning,
omhelsing van Essensie, mede-Menslikheid,
ubuNtu van abaNtu, allerhoogste Waardigheid
Jacobus Faasen

