praat Mens, ytie bloute, vannie hemel, re amnestie,
raak Mens (skielik) b’wus van pan-globaal amnesie,
eie geskied’nis, vanne “volkrasklaskultuurtaalnasie”,
stel elk Boek, Hom, Haar, bloot an herinterpretasie
ondanks oorverdowend’, Geweteloos, skril struktuurg’weldsg’raas,
vromes, pseudo-g’lowiges, ultra-etici, analiste, toe glattie v’rbaas,
hou hul onkundig, wie wafferse kant toe’l challenge nu moet pass,
ewe Self-destruktief: “Baas’, “Noi”, Noluthando, botstil ou “Klaas”
eish, Afrika-kind, Mens maggie meer as “Bhulu” gebiza staat,
via armoed, moers brandarmgatgeid, meeste erg agt’ryt gaat,
kort’t net tipe b’sinning, sjatan, sosio-spiritueel t’kan v’rslaan,
selfsugtigheid, onkonsultatiwiteit, “Duiwelspiek”-dissipelswaan
neo-bourgeois se las bitter swaar, Millennium Drie, Krisis-tyd,
veel erger as allie skyn-, superhoogheiligheid, van apartheid
Jacobus Faasen

