Holisme

  • 0

Ek sien Williams beveel aan Boer in Beton moet trap na ’n "WIT HOOL" toe. Statistiek toon dat "wit hool" ’n oksimoron is. Dit werk andersom, hoe minder wit hoe meer hool soos Hillbrow, Sunnyside, Detroit om nou maar ’n paar te noem. Soos wit studente al hoe minder word neig kampusse ook al hoe meer na holisme toe; Tukkies se kampus, eens ruim en oop, is nou vol hekke en tralies, amper al ’n hool.

Williams beveel aan dat Boer in Beton VSA, VK, NS of Australië toe moet verkas waar verkragting ’n nasionale sport sou wees want "die gemiddelde verkragter in die Weste verkrag 8 vrouens voordat hy gearresteer word".

Wel, vir so bietjie balans, hier in die NSA, met die aantal verkragtings PER DAG word die gemiddelde verkragter glad nie gearresteer nie. Daar was ook nou die Vrydag ’n seun op ’n skoolterrein in Eldoradopark verkrag deur ’n klomp ander seuns. Snaaks dat Williams so maklik verkragtingsgevalle in die buiteland kan opspoor en lys maar swyg oor soortgelyke gevalle hier. Seker ook nie sy skuld nie want hier is dit so algemeen die meeste gevalle haal nie eers die koerante nie.

Ja-nee, danksy Williams is ons weer eens attent gemaak daarop dat holisme in volle swang in die NSA is.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top