"Hoeveel" deur Dadine Joubert

  • 0

Hoeveel

Hoeveel slotte moet ek nog oopsluit
om die kettings af te breek?

Hoeveel draaie moet ek nog omdraai
om alleen by jou te wees?

Is dit al wat ek gaan kry, ? uur op ? dag
en die swart op wit woorde laat in die nag?

Jy laat my in verwarring
Jy laat my twyfel in soveel meer
Hoeveel keer moet ek nog sê?
Ek is hier (x2)
Ek gaan nêrens heen nie

Jy weet ek sien dieper
elke kyk van duisend woorde
Jy weet ek sien dieper
elke hartklop, elke oogwink van jou woorde

Dis jou siel volle oë wat my van lewe leer
Jy weet ek sien dieper
Ek kan die gevoelens net nie beheer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top