Ek het so pas Corlia Botha se CD "Wie ek is" gekoop en geluister.
Ek kan verstaan dat dinge tussen haar en haar vorige sangmaat skeefgeloop het. As ek Rudie was, sou ek ook so vinnig as moontlik van haar ontslae wou raak. Hierdie vrou het ’n engelstem en is in die klas van ’n Nianell. Rudie daarenteen vergelyk met ... hmmm ... so baie om uit te kies.
Baie gemiddeld.
Ek dink Rudie moes dit al lank terug agtergekom het en besef het dat sy stemmetjie rêrig net vir agtergrond vir die vrou gebruik kon word. My voorspelling is dat die CD baie groot hoogtes binnekort gaan bereik. Corlia mag maar sing, dis hoendervleismooi.
Stefan

