Ek het nou net op 'n punt gekom waar ek wil leef as 'n wit Afrikaner! Ek het die grondwetlike reg om dit te doen en gaan baie 'assertive' dit doen! Ek gaan nie vir enige iemand jammer sê of politiek korrek wees nie. Ek is nie rassisties in my omgang nie, maar stel nie belang om my identiteit vir emosionele plakkers op te gee nie! Ek weier om 'n Verregse 'politiek korrekte' etiket te dra! Net so min as wat ek die rassis-etiket nie sal dra nie! Dit het 'n 'trend' in die SA media geword om enige wit afrikaanse sosio-politiese strewe en ideale in my land te etiketteer en te rangeer met rassistiese intonasie in 'n diskriminerende etiket tot in 'n albatros van vergetelheid nie! Ek bedreig ook nie staatsveiligheid om my reg tot uitdrukking uit te oefen in die openbaar nie!
Hans


Kommentaar
Hans, ek voel presies soos jy. Ek is effens moeg om die Jannie Jammergat houding van ons medemense te sien en te aanvaar. Dit skree ten hemele. Ek kruip en buig nie my knie voor enige verganklike wese nie. Ek vra ook nie askies vir enige "sonde" van die voorvaders of verlede nie. Ek laat my ook nie emosioneel afpers nie. Ek gun enige persoon sy/haar ruimte en ek eis dit my ook toe soos almal in die land "geregtig" is om te doen. Overgesied synde moenie aan my gat kom krap nie.