hoekom “isiBhulu” Mens kortwiek

  • 0

yebo, ultra-mampara, moegoe, paloeka,
moenie vimmy whietie, djy’s te sturwie,
t’v’staan, mag Mens glo nie klanie, aaire,
desperaat poog, Naaste slinks wys t’maak,
Sapiens-voorouer’s toe glattie yt Gondwana

moet Mens nog as “apartheidsonderdrukker”,
as “diskrimineerder”, “tuislandbouer”, “rassis”,
geklas word, en’t via eie moedertaal, “isiBhulu”,
wat Mens waa’ kry, ander tot “Boer” te maak?

tóé dan selwers “Bulala amaBhulu” gesing,
vuis innie lug, apartheid tot haar end t’bring,
haat versus kolonialisme, kollektief t’bevuistig,
strydlustig, mede-Mens “Amandhla” toe t’wens

kanti, Zabalaza, Millennium Drie s’n, wending,
‘t so pas in werking getree, operasioneel,
NDR’s as “onuitvoerbaar”, “onbereikbaar”,
vannie tafel af, ytie strategie-handboek,
nes “Duiwelspiek”-legitimiteit, weggevee,
onner druk van Bó, uiteindelik meegegee

Almagtigheid’s Eenvoudig, net te Magtig,
Waaragtigheid, Simpel, net te Waar,
Geregtigheid, Eksakt, Wetlik Wettig,
Juridies, Spiritueel, nes Mens’t laaiks,
nes Skepper, Maker, allie tyd, vir Ewig,
Begeer’t, Mens Toegewens, Uit Liefde,
Geskenk’t, so ook Mens, aan mede-Mens

‘s hoekom “isiBhulu” Mens knou, kortwiek,
want post-’94 is enige vorm van rassisme,
onderdrukking, pejorativering, vernedering,
supersiek, blyk’t van ’n minderwaardigheid,
struktuurgewelddadiglik, so histories haatlik,
deur “Duiwelspiek”-dissipelkoor, -paparazzi,
kil, Gewete-loos, aan mede-Mens opgedring

eish, Afrikaanses, interkultureel amnesiaans,
amper asof hulle implikasies nie mooi begryp,
groter geheel, geheel en al, blindelings miskyk

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top