"Hoekom" deur Pierre van Zyl

  • 0

Hoekom

Vers 1

Kyk daar op die bank lê ’n seuntjie
Nuus van Pa was glad nie goed nie
Trane rol van sy gesig af
Sy hart is al net op vier nerf-af.
Kyk daar op die vloer sit ’n vrou
Haar man was geskiet; Al die trane lyk nou verniet
Sy weet dit was vir volk en vaderland
Maar wie gaan haar red as hierdie terr’s haar aanrand.

Koor

Hoekom moes julle dit doen
Hoekom moet ons onsself met julle versoen
Bomme was geplant en AK's was soos sand
Ek wil nie meer jammer sê nie
Ek kan nie meer jammer sê nie
ek wil van julle ’n verskoning af hoor.

Vers 2

Kyk daar op haar bed lê ’n meisie
Haar verloofde se bloed was nie vir die beste nie
Sy staan op en gryp haar rok
Sy loop in die strate en gil met ’n stok.

Koor

Hoekom moes julle dit doen
Hoekom moet ons onsself met julle versoen
Bomme was geplant en AK's was soos sand
Ek wil nie meer jammer sê nie
Ek kan nie meer jammer sê nie
ek wil van julle ’n verskoning af hoor.

Metode

Vers; Koor; Vers; Koor; Instr (lengte van koor); Koor; Koor

 


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top