"Hoekom" deur Esthea Retief

  • 0

Hoekom

Die oproep het te gou gekom – my uit my slaap geruk …
Ek wou dit nie aanvaar – dit was te gou om jou te laat gaan.
Ek hoor nog Jakkie se ‘tienduisend woorde’ weergalm in die Kerk …
’n Kind se gil vir ‘mamma!’ het my hart in stukke gebreek.

Koor

Hoekom moes jy nou al gaan? Hoekom? Ek wíl so graag verstaan,
Maar die Here alleen sal weet, en die Here alleen sal die seer kan heelmaak.

Nou sien ek jou orals raak – in die alledaagse goed,
En hoor jou fluister in my oor – maak asseblief my kind mooi groot.
Ek drink saam met jou ’n glas rooiwyn, en ek sien jou in daai tjoppie op die vuur …
Ek hoor jou as ek vir die Bokke skreeu, en voel dan weer die seer …

Koor

Hoekom moes jy nou al gaan? Hoekom? Ek wíl so graag verstaan,
Maar die Here alleen sal weet, en die Here alleen sal die seer kan heelmaak.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top