Hoekom alleen die plaasboere?

  • 0

Ons weet almal van die plaasboere wat almal maar soort van sit en hoop die onteieningstorie gaan hulle nie slaat nie. Dis nou as hulle nie voor die tyd op hulle plaas vermoor word nie! Die stories loop dik van “tradisionele grond wat gesteel sou gewees het” van die eisers se kant af, terwyl die boer se verweer dat hy die grond aangekoop het, eintlik maar op dooie oor val. Jy is ’n plaasboer met baie grond en baie geld, so hoekom is jy so taai om te deel met jou werkers? Jy het genoeg grond, vir wat wil jy meer as een plaas hê, in elk geval?

Niemand praat egter van die stad of dorp nie! Dit waarop die dorpe en stede staan was ook eers kaal veld? Hoekom mag die dorp- of stadsbewoner soveel huise, erwe of besighede hê as wat hy/sy wil en hulle word nie gedwing om hulle materiële welvaart te deel met die minder bevoorregtes nie? Ek meen, op elke dorp- of stadserf kan maklik op die oop stukke, so drie tot vier sukkelende arm families op kom vestig? En terwyl dit jou erf is en jy’s ryk, jy kan mos nie toestaan en kyk dat hulle in blikke en kartonne bly nie? Bou vir hulle steenhuise en voorsien die water en die ligte en help sommer met die vervoer na waar hulle ook al wil gaan?

Wat van die besighede in stede? Hulle gee nie ’n duit om waar hulle werkers vandaan kom nie, solank hulle net betyds aanmeld vir werk. Dat die werkers dalk al vanoggend 04:30 opstaan en gaan bus ry om die werk by 08:00 te maak, dis nie hulle probleem nie. As jy na hulle huise sou gaan kyk waar hulle bly, dan sal jy eerder pondokke en gehawende gehuggies vind waarin jou werker en sy familie bly. Hoekom verskaf die werkgewer nie vervoer van en na die blyplekke toe nie? Terselfdertyd, sorg dat jou werknemers ordentlike, gedienste huise het (waarvoor jy betaal) en dan sommer, al word die ou afgedank, dan mag jy hom nie uit die huis uitsit nie want dit is onmenslik.

Enige huiseienaar of besigheidsman sal vir jou sê jy’s gek, wat jy vra is onmoontlik. Onmoontlik? Dis presies wat van die plaasboere verwag word! Daai een enkele deel van die ekonomie waarsonder ’n land nie kan klaarkom nie, die is die res stadig maar seker dood te druk ...

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top