"Hoeka" by Lawrence Mouton

  • 0

In my oë is dit glad nie welgevallig
En ek dink dis malligheid
Om so in die pad te loop en okah-pyp te rook
Wat jy dink is in met die kliek, maak jou siek
Skryf liewer lirieke en maak lieflike musiek
Dan sê jy my dis peer pressure
Maar so vind jy dit ook pure pleasure
Daar's ’n weg wat vir jou reg lyk
Ma op die ou end dan is jy ’n lyk
Die druk maak jou behep om ’n verkeerde indruk te skep
Jy stuur uit ’n negatiewe boodskap
En ek begin dink aan n doods-genootskap
Mettertyd sal dit sy tol eis
Doen liewer chores by die huis

Refrein:
Ons moet dit hoeka maar so baseer
Op die beginsels van toeka se dae. Weer... (x4)
Vers 2:
Los jou rebelse houding
Dit sal jou niks in die sak brink
Tyd om jou ouers se hart te steel
En aan God te gee elke liggaamsdeel
Wat vir Hom aanneemlik is
Aardse dinge moenie langer deel is
Breek met die ou sondige mens
Volkome vryheid vir jou is God se wens
Refrein:
Ons moet dit hoeka maar so baseer
Op die beginsels van toeka se dae. Weer... (x4)

Vers 3:
Ek onthou die tyd toe jou ma so uitge-freak
Oor haar stukkie hoender wat jy ge-eat het
Koffie spat en oral is sopnat
Wie moet nou skoonmaak?
Ek moet maar soos ’n slaaf raak
Met die wete dat ek dit groot sal maak
Want wie laaste is, is eerste
En wie die minste is, is die meeste
Om jou ouers te verag
Is mos nou nie wat die Here van jou verwag
Jou pa wassie da nie
So los maar die houding van: "Jysie my pa nie”
Refrein:
Ons moet dit hoeka maar so baseer
Op die beginsels van toeka se dae. Weer... (x4)

Vers 4:
Ek wil jou graag beter leer ken
Om sodoende jou vertroue te wen
As jy jou ouers eer
Dan sal jy alles kry wat jou hart begeer
As daar n geskil is om te besleg, dan
Stel ek dinge reg, en vra om verskoning
En doen versoening by die Koning
Dit maak ’n ouer seer
Om te sien jy wyk af van wat ons jou leer
Jy is nou wel stief
Maar vir jou is ek steeds lief
Die Hemelse Vader vereis
Dat ons liefde aan mekaar moet bewys
Daarom is ek altyd bereid
O my oor te gee aan kinderlike gehoorsaamheid
Refrein:
Ons moet dit hoeka maar so baseer
Op die beginsels van toeka se dae. Weer... (x4)

Brug:
Jy was dik, maar toe het jy verval in tik
Jy’t ontaard in n tik-monster van ’n dier
Wat net eenvoudig sy drug habit moet finansier
Hier-kiep-kiep, daar kiep-kiep'
Woerts in die hoekie
Geld gekry, skaars gesoekie
Dis ’n raaisel hoe dit weggeraak het
Daar's selfs ouers wat hul kinders doodgemaak het
Dis dinge wat kan gebeur
Ek doen ’n beroep om jou te laat bekeer
Die Here vergewe altyd weer
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top