enigst’ b’skerming, my Ma s’ilwimi,
skattig, skatlik, prastag, whêrbaal,
straight to the point, duidlik-direk,
lê Mens v’rlede, feit-vir-feit, g’vlek
Afrikaans was in apartheidsdiens, wyd,
’s g’sing v’n “Elimineer Boer”, daai tyd,
my hoed’rtaal, assie “Baastaal” b’skryf,
g’wet’nloos v’rkrag, van Afrika-taal-lyf
dinge’t vinnig v’ranner, sints NDR,
van buite ing’bring, rewolusionêr,
kanti, Afrikaans, UDF, een-en-sym,
speel Sy nou nog bevrydingsghym
kort speelveld nette lekke g’lykstoot,
transformasie op dispensasie-brood
Jacobus Faasen

