Hoe verstaan jy dit?

  • 3

So 'n ruk terug doen 'n goeie ou vriend van my aansoek om 'n pistoollisensie vir die 9mm.-Glock wat hy gekoop het. Hy het die nodige vorms ingevul, die bevoegdheidsertifikaat saam met die dokumente vir kursusse wat hy geslaag het, plus al die nodige getuigskrifte saamgestuur. 

Vol verwagting wag hy toe net op die uitslag. Groot was sy teleurstelling toe hy na 'n paar weke 'n sms kry wat hom daarvan verwittig dat sy aansoek afgekeur is. Twee redes word aangevoer. 1. Hy mag nie 'n masjiengeweer besit nie. 2. Die bevoegdheidsertifikaat en kursusse wat hy geslaag het, is vir 'n 9mm.-pistool, en nie vir 'n masjiengeweer nie. 
Nou hoe verstaan jy dit?
 
Groete,
Angus
  • 3

Kommentaar

  • Gaan vra vir die Edele George Soros, hy en sy verraderlike organisasies dryf die agenda om mense van hul godgegewe reg om wapens te besit (vir hul eie beskerming) te ontneem. Sy tentakels begin ook nou in "SA" kop uitsteek, die Here behoed ons...

  • Angus, nou vir wat koop jy 'n vuurwapen in die winkel. Jy kan vir jou enige kaliber pistool rewolwer en selfs 'n AK 47 vir so min as R500 koop. Jy kry outomaties "a licence to kill" daarmee saam. Daar is maniere om van die afgesterwene en wapen ontslae te raak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top