Hoe staan hulle daar

  • 0

Hoe troon julle bo ons uit

Tambo, Van Riebeeck en Kruger

vertel julle eie stories in stilte

vir enigeen wat wil hoor of leer

 

Julle staan gesaai in onse moederland

vaders, broers, susters en moeders

 

Hoe praat julle sonder woorde

vertel 'n geskiedenis van hoop

Mandela en Gandhi

so vir almal in die verbyloop

 

Julle was vaders, broers, susters en moeders

Hier in onse moederland

 

Hoe tuur ou mevrou Queen Vic

staar stoer in die niet

geklee in outydse drag

perfek in brons gegiet

 

Julle is ons vaders, broers, susters en moeders

hier in onse moederland

staan julle om ons te verenig

in 'n hegte band

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top