Hoe om kinders te hanteer wat na 1994 gebore is

  • 6

Dis nogal ’n moeilike vraag. Daar is 'n geslag nuwe ouers onder 40 jaar, wat nie in totale aanslag-era opgegroei het nie en nie dieselfde verwysingsraamwerk het as ons ouer ouens nie. Vir hul is ons diensplig-era en grensoorlog net hoorsê-vertellings.

Hierdie aan die een kant van die munt. Aan die ander kant van dieselfde munt, is die jonger geslag. Hoe om kultuur van geforseerde etniese amalgamasiebeleid gedryf in media teen te staan en nog Afrikaners se kultuur laat lewe.

Daar is die diskriminerende wetgewing bv BBBEE, regstelaksie en onteiening op wetboeke. Dan is daar mediagedrewe geforseerde etniese amalgamasie politieke korrektheid, gedryf deur media vs regte in Handves van Fundamentele regte. 

In aanloop na 1994 was eie instellings bv skole op plakkate teen lamppale geadverteer dat skole en universiteite behou sou word in Afrikaans, maar helaas het dit nou plakkaat van "rassisme" gekry, alhoewel Art235 van Grondwet eie instellings waarborg. 

Beleef die wit Afrikaners nou tasbare Totale Aanslag teen hul taal en kultuur en hul grondwetlike regte?  

Kan ons rassisme of rassediskriminasiedefinisie kry in SA, sodat almal nou kan weet om binne wetlike raamwerk te bly?
Enige kommentaar hoe nuwe geslagte hul kinders gaan opvoed, om 'n taal en kultuur te laat herleef en behou?

Hans Richardt 

 

  • 6

Kommentaar

  • Hans, hoe lyk die "wit Afrikaners" se kultuur wat jy wil laat herleef? 'n Braai met volkspele en die mans almal getooi in kortbroek safari-pakke met 'n kam in die lang sokkies?
    En vir afronding 1liter Klipdrif, 2 liter Coke en in die parkeerarea 'n 3liter Cortina? Dit is nogal 'n moeilike vraag, nes jy sê.

  • Hans, ek het 'n antwoord/oplossing vir jou probleem. Ongelukkig is dit in vandag se tye nie haalbaar nie. Daar is verskeie redes daarvoor wat voor die hand liggend is. Die gonswoorde van die "sokkel jare" het teruggekom en gaan almal nou aan die gat kom byt. "Libberasion before eddukasion".

  • Avatar
    Hans Richardt

    Hoe leer ons nog tradisionele Calvinisme vir kinders in totale aanslagtyd van geforseerde etniese amalgamasie politieke korrektheidbeleid-era?
    Dis deur jong kinders die tradisies aan te leer, deur hul na bv kerk van jongs te vat, kulturele geleenthede by te woon en saam te doen.
    Die sg tradisionele kerke het ook al groot aanpassings gemaak rondom tradisionele gebruike. Sommige wil egter net trou, doop, hul kinders laat aanneem en begrafnisdiens in kerk hou. Vir die uitreik na gemeenskap het hul nie motivering nie en vir tiendes gee, nog minder. Baie kerke verval agv hul finansiële probleme.
    Ek het hier op LitNet geskryf dat ek dink predikante moet hul gemeente SASSA-kaarte teruggee en van UIF kom. Die jong predikantspaar in my kerk hou beide voltyds skool en werk by kerk. Maw, dis nie net 'n statuswerk nie, maar hartsoortuiging.
    Tye verander.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Dirk Rigter en Reusedwerg, is daar taal soos Suid-Afrikaans? Is daar regtig voorspoed geloof in Calvinisme?
    Glo jul Peter Marais se stelling in New Times dat sg Hollandse setlaars die bruin mense se inheemse taal Afrikaans gesteel het?
    Moet sê, jul glo ook seker aan geforseerde etniese amalgamasie beleid wat as polities korrek in media opgedwing word, van "soen om te versoen"?
    Wel, ek verskil van sulke sienings, want jul het nie regtig oplossings nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Glo jul regtig Pieter Marais se bewering in New York Times van 1995, dat Hollanders sy taal Afrikaans kom steel het in 1652?
    Ek doen nie.
    Ek glo dat die Akkoord van April 1994 van ons eie Afrikaanse instellings en gebied, vir pot lensiesop van politieke korrektheid verkoop is en word.

  • As ek nou in my lewe al gesien het hoe ouens hul name met 'n plank geslaan het is dit die Vredesfront +. Wat de donner het julle gedink doen julle? Ai ai jai mense.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top