Hoe kan ek
Hoe kan ek in jou oë kyk
As dit vir my soos syne/hare lyk?
Hoe kan ek na jou luister
As hy/sy in my kop fluister?
Hoe kan ek vir jou sê,
Terwyl my hart by hom/haar lê,
Dat ek vir jou lief is
As sy/haar hart nog by my rus?
Jou lewe lyk net so perfek
Ja elke ding mooi op sy plek
Ek gaan dit net omkrap
Hoe kan ek, hoe kan ek?
Jy gee my wat ek nie verdien
’n Hart wat my sonde nie sien
Ek gaan net daarop trap
Hoe kan ek, hoe kan ek?
Hoe kan ek sê ek is gereed
As ek hom/haar net nie kan vergeet?
Hoe kan ek vir jou ’n kans gee
En valse hoop saam daarmee?
Hoe kan ek jou laat ingaan
As hy/sy nog by die deur staan?
Hoe maak ek oop vir jou
As hy/sy alleen die sleutel hou?
Jou lewe lyk net so perfek
Ja elke ding mooi op sy plek
Ek gaan dit net omkrap
Hoe kan ek, hoe kan ek?
Jy gee my wat ek nie verdien
’n Hart wat my sonde nie sien
Ek gaan net daarop trap
Hoe kan ek, hoe kan ek?
Hoe kan ek sê ek is nie bang
As ek nog steeds na hom/haar verlang?
Hoe skryf ek jou naam in my boek
As my siel steeds nog na hom/haar soek?
Hoe begin ek ’n nuwe blaai
As sy/haar wind als deurmekaar waai?
Hoe sit ek my pen op jou neer
En weet dat ek dit gaan uitskeur?
Jou lewe lyk net so perfek
Ja elke ding mooi op sy plek
Ek gaan dit net omkrap
Hoe kan ek, hoe kan ek?
Jy gee my wat ek nie verdien
’n Hart wat my sonde nie sien
Ek gaan net daarop trap
Hoe kan ek, hoe kan ek?
![]() |



