Hoe ek 'n gay geword het

  • 7

Ek het ook eers in meisies belang gestel. Oorkant die poskantoor waar ek as klerk gewerk het, was 'n woonstelblok en 'n oulike meisie het op die eerste vloer alleen gewoon. Blonde hare en blou oë. Ek het 'n paar keer vir haar gaan kuier en ons het nogal lekker gesels oor haar pa se beesboerdery. My pa het self 'n paar koeie aangehou op sy kleinhoewe.

Een Saterdagmiddag is ek weer soontoe, vasbeslote om die verhouding verder te vat. Ons het eers gesit en gesels, maar na sy vir ons tee gemaak en die skinkbord op 'n tafeltjie gesit het, het ek opgestaan en met my hande op haar skouers, het ek haar vol op die mond gesoen. Sy het haar tong in my mond gesteek en vir 'n paar oomblikke het ek wonderlike ekstase ervaar. Toe laat sak ek my arms en draai dit reg om haar dun middellyf, terwyl ek haar styf teen my vasdruk. Maar onverwags los sy 'n harde, onChristelike poep met 'n stank uit die hel uit! Ek steier terug, probeer dan maak of niks gebeur het nie, terwyl ek my kop so ver moontlik by die venster uitsteek en kamma kyk na die duiwe wat buite rondvlieg.

Na 'n minuut of twee gaan sit ek op die een kant van die groot rusbank wat sy by haar ouma geêrf het. Sy skop haar skoene uit en kom lê op die bank met haar voete op my bene. Ek lig haar voetjies een vir een en soen dit, terwyl ek haar bobene vryf en my hand onder haar rokkie insteek. Ek kyk in haar blou oë en begin aan haar broekie pluk om dit af te trek, en skielik is daar 'n helse pyn in my vinger. 'n Speld of iets waarmee sy haar onderklere aan mekaar hou, het my diep gesteek. Ek ruk my hand uit en die bloed drup op haar bene en op my klere. Met my sakdoek probeer ek dit so goed mooontlik afvee.

My aptyd en is nou daarmee heen, maar ek sit nog 'n rukkie en gesels uit beleefdheid. Toe ek loop gee sy my 'n paar ou tydskrifte wat ek nog nie gelees het nie en 'n bottel gemmerbier wat haar ma gemaak het.

Onder gaan sit ek in my ou Volla, teleurgestel en vies. Ek voel dors en besluit om van die gemmerbier te drink. Maar ek het die prop nog nie behoorlik afgedraai nie, toe begin die bier met 'n kragtige gesuis uitspuit. Dit spuit vinnig uit, totdat die bottel amper leeg is. My gesig, my klere, die kar se sitpplekke en vooruit is papnat. Ek sit vir 'n rukkie verdwaas, dan haal ek met 'n sug maar 'n servet uit die mossiebak en vee my gesig en hande af.

Kobus, toe besluit ek om maar eerder 'n moffie te word.

Groete,

Sondaar Twee

  • 7

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Dit is so dat die verskonings wat party aanwend om hul homoseksualisme te regverdig, verregaande is - selfs sover gaan om vir God te blameer, lasterlik soos dit is.

    Maar watter behae het jy daarin om met homoseksualiteit te spot? En dan is jy die een wat my probeer berispe?

  • Hierdie sal nou seker as "tref en trap" deur De Klerk uitgemaak word, maar na hierdie opdatering uit De Klerk se hand, "dit is so dat die verskonings wat party aanwend om hul homoseksualisme te regverdig, verregaande is", is daar nog enige twyfel oor die sinneloosheid daarvan om homoseksualiteit met 'n verstokte dogmatiese fundamentalis soos De Klerk te "bespreek". 

    Weet nog steeds nie wat "homoseksualisme" is nie? 

    Die vraag kan soos volg beantwoord word.

    ‘n Nuutskepping van die verstokte dogmatiese fundamentalis om sy eie diep gesetelde vooroordeel uitdrukking te gee. 

    Die truuk van 'n woordskepping om die afkeur 'n vaste vorm te gee. 

    Wat is daar dan wat sinvol met 'n verstokte dogmatiese fundamentalis bespreek kan word, wat jou met alle mag en geweld wil "red" en volkome bot is vir die feit dat  geen redding nodig is nie.

    Vir die rekord, hierdie het ek nie as "bespotting" ervaar nie, maar wel as humor om die sinneloosheid van die gesprek oor hoekom 'n persoon gay is uitdrukking te gee. 

  • Hello, 

    Sondaar II, se verhaal hoe hy die "moffiedom" ingegaan het, is met simpatie gelees, maar ek hoop hy voel welkom en leef 'n bevredigende lewe en nie soos Hernandez uitgedraai het nie wat nou deel van die heteroseksuele is. 

    Dit is nie duidelik hoe diep Sondaar II se "moffiegeit" is nie en of dit finaal gevat het nie, maar indien dit wel gevat het en nou diep gestel is dan moet die slegte nuus dalk ook gebreek word, dat die kans vir omdraai is verby. 

    Die "ex-gay"-mite wat so paradeer word hier is gebaseer op die werk van Dr Robert Spitzer wat beweer het dat "highly motivated” homosexuals could go from gay to straight". 

    Spitzer het dit nou terugtrek en die volgende brief geskryf: 

    Several months ago I told you that because of my revised view of my 2001 study of reparative therapy changing sexual orientation, I was considering writing something that would acknowledge that I now judged the major critiques of the study as largely correct. 

    After discussing my revised view of the study with Gabriel Arana, a reporter for American Prospect, and with Malcolm Ritter, an Associated Press science writer, I decided that I had to make public my current thinking about the study. 

    Here it is.

    Basic Research Question. 

    From the beginning it was: “can some version of reparative therapy enable individuals to change their sexual orientation from homosexual to heterosexual?” 

    Realizing that the study design made it impossible to answer this question, I suggested that the study could be viewed as answering the question, “how do individuals undergoing reparative therapy describe changes in sexual orientation?” – a not very interesting question.

    The Fatal Flaw in the Study:

    There was no way to judge the credibility of subject reports of change in sexual orientation. I offered several (unconvincing) reasons why it was reasonable to assume that the subject’s reports of change were credible and not self-deception or outright lying. But the simple fact is that there was no way to determine if the subject’s accounts of change were valid.

    I believe I owe the gay community an apology for my study making unproven claims of the efficacy of reparative therapy. 

    I also apologize to any gay person who wasted time and energy undergoing some form of reparative therapy because they believed that I had proven that reparative therapy works with some “highly motivated” individuals.

    Robert Spitzer. M.D.
    Emeritus Professor of Psychiatry,Columbia University

    Die redaksionele kommentaar van die New York Times gedateer 23 Mei 2012 is soos volg: 

    Welcome End of a Pseudotheory

    Many opponents of giving equal rights and protections to gay Americans — at the workplace, in the military, in marrying and forming families — make the claim that homosexuality is a chosen way of life. They have long seized on the work of a towering figure in psychiatry to justify their position. But that psychiatrist, Dr. Robert Spitzer, has now renounced a study he did a decade ago that suggested that “reparative therapy” can help homosexuals who are highly motivated to change their sexual orientation. Dr. Spitzer’s admission that his study was deeply flawed should discredit, once and for all, those claims of social and religious conservatives that homosexuality is not a fundamental part of human identity.

    Dr. Spitzer’s turnabout was described by Benedict Carey in The Times on Saturday. 

    Dr. Spitzer’s enormous influence came from the fact that he directed a rigorous rewriting of the psychiatry profession’s diagnostic manual of mental disorders. Even before that, he successfully pressed to drop homosexuality from the manual.

    Two decades later, still eager to challenge accepted wisdom, he conducted an in-depth telephone survey of 200 gay men and women who had received therapy or pastoral counseling to change their sexual behavior. 

    Most told him that they had changed from a predominantly or exclusively homosexual orientation before therapy to a predominantly or exclusively heterosexual orientation.

    Now Dr. Spitzer, who just turned 80, has acknowledged that his survey was deeply flawed. 

    In a letter to the editor of the Archives of Sexual Behavior, which had published his study, he said he had no way of knowing whether the patients who said they had changed were deceiving themselves, lying or reporting accurately. 

    He apologized for making “unproven claims” about reparative therapy and for any harm he may have caused to anyone who “wasted time and energy” undergoing the therapy.

    Critics have noted that the people interviewed were nominated by centers that were performing the therapy and that there was no control group and no clear definition of what counted as therapy. 

    There is also some evidence that reparative therapy can lead to depression or suicidal thoughts and behavior. It is absurd, potentially harmful, pseudopsychiatry. It should have been rejected long ago.

    Is daar 'n manier hoe bogenoemde by Hernandez kan uitkom, aangesien hierdie dit vir Hernandez duidelik kan maak dat al sy drama verniet was en hy maar kan terugval na die oorspronklike status. 

  • Nog meer oor hoe ek 'n gay geword het en nie kon terugdraai nie. 'n Blyspel in drie dele. Hierdie is die laaste deel en bou voort op die libretto verskaf deur die "World Health Organisation", vir die finale gedeelte. 

    Vir die wat nie weet nie was 17 Mei 2012, " the International Day against Homophobia" en die wat nog steeds twyfel dat sommige persone nog steeds irrasionele haat, (wanneer is haat ooit rasioneel?) openbaar teen homoseksuele persone, word net twee gevalle nou uitgelig. David Kato, vermoor en die "korrektiewe verkragting" wat 'n epidemie is Suid-Afrika is. 

    Die WHO se verklaring is soos volg: 

    Services that purport to "cure" people with non-heterosexual sexual orientation lack medical justification and represent a serious threat to the health and well-being of affected people. 

    Twenty two years ago, on May 17, the World Health Assembly removed homosexuality from the list of mental disorders when it approved a new version of the World Health Organization’s International Classification of Diseases (ICD-10). 

    "Since homosexuality is not a disorder or a disease, it does not require a cure. There is no medical indication for changing sexual orientation," said PAHO Director Dr. Mirta Roses Periago.

     Practices known as "reparative therapy" or "conversion therapy" represent "a serious threat to the health and well-being—even the lives—of affected people." 

    There is a professional consensus that homosexuality is a natural variation of human sexuality and cannot be regarded as a pathological condition. 

    However, several United Nations bodies have confirmed the existence of "therapists" and "clinics" that promote treatment intended to change the sexual orientation of non-heterosexual people. 

    There are no rigorous scientific studies that demonstrate any efficacy of efforts to change sexual orientation. 

    However, there are many testimonies about the severe harm to mental and physical health that such "services" can cause. 

    Repression of sexual orientation has been associated with feelings of guilt and shame, depression, anxiety, and even suicide. 

    As an aggravating factor, there have been a growing number of reports about degrading treatments, and physical and sexual harassment under the guise of such "therapies," which are often provided illicitly. 

    In some cases, adolescents have been subjected to such interventions involuntarily and even deprived of their liberty, sometimes kept in isolation for several months.

    "These practices are unjustifiable and should be denounced and subject to sanctions and penalties under national legislation. " 

    "These supposed conversion therapies constitute a violation of the ethical principles of health care and violate human rights that are protected by international and regional agreements." 

    To address the problem, WHO makes a series of recommendations for governments, academic institutions, professional associations, the media, and civil society, including:  

    “Conversion” or “reparative” therapies and the clinics offering them should be denounced and subject to adequate sanctions. 

    Public institutions responsible for training health professionals should include courses on human sexuality and sexual health in their curricula, with a focus on respect for diversity and the elimination of attitudes of pathologization, rejection, and hate toward non-heterosexual persons.

    Professional associations should disseminate documents and resolutions by national and international institutions and agencies that call for the de-psychopathologization of sexual diversity and the prevention of interventions aimed at changing sexual orientation. In the media, homophobia in any of its manifestations and expressed by any person should be exposed as a public health problem and a threat to human dignity and human rights.

    Civil society organizations can develop mechanisms of civil vigilance to detect violations of the human rights of non-heterosexual persons and report them to the relevant authorities. 

    They can also help to identify and report people and institutions involved in the administration of “reparative” or “conversion therapies.” 

    Is dit nog steeds onduidelik hoekom daar geen begeerte is vir hierdie gay persoon en wat gay is vir so lank soos hy kan onthou om nie in "gesprek" met verstokte fundamentaliste te gaan nie. 

    Bogenoemde verklaring bied 'n effense blik op die ontwikkeling en algemeen aanvaarde denke oor hierdie onderwerp soos dit nou daar uitsien en die diversiteit en pluraliteit wat dit moontlik maak om homoseksualiteit as 'n normale verskynsel te aanvaar. 

    Vergelyk dit met die botheid en hardkoppigheid van die verstokte godsdienstige wat verwoed 'n steentydperk moraliteit op almal wil afdruk en die verskil tussen 2012 versus 600BC kan nie duideliker wees nie. 

  • 'n Onlangse brief met die titel,"Wouter, haat en homoseksualisme", https://www.litnet.co.za/Article/wouter-haat-en-homoseksualisme het verwysing en die lang relaas uit De Klerk se hand oor hoe "iemand (nie) (ge)leer (moet word) om ’n renons in homoseksualisme te hê nie – dit is ’n natuurlike gevoel" en dat die gay persoon self "eerlik genoeg om dit só te erken" en hoe die oorsprong van dit alles volgens die lig van De Klerk, "mens kan die probleem in al die belangrike aspekte daarvan terugtrek tot die onderliggende agnostisisme. Rebellie teen God en Sy Woord. Die leefwêreld van die agnostikus is klaarblyklik nié ’n wêreld van Vrede, Vreugde en harmonie, nie".

     
    Is daar nog steeds enige twyfel hoekom die onderwerp nie met 'n "De Klerk" kan bespreek word nie, na aanleiding van die beweringe dat die "renons" "natuurlik" is en dat die beskulding van haat onredelik is omdat die agnostikus nie vrede, vreugde en harmonie ervaar nie en dit vererger word omrede die homoseksuele gemeenskap kwansuis die samelewing "in ’n posisie in te boelie sodat hulle julle onnatuurlike situasie moet ondersteun!. 
     
    Met so 'n donker blik wat 'n "De Klerk" handhaaf teenoor die wat in kontras tot 'n "De Klerk" se eie vooroordeel staan is dit weereens nog steeds onduidelik hoekom gesprek met 'n fundementalistiese en verstokte dogmatiese "De Klerk" geweier word. 
     
    Met sulke struikelblokke is dit onmoontlik en as selfaangestelde verteenwoordigende "ware gelowiges" sal gesprek nooit vlot nie.
     
    Die aanklagte wat 'n "De Klerk" teen die gay samelewing opper is net te swartgallig en volkome voorbeoordeeld teenoor homoseksuele persone en is die vooroordeel van 'n heteroseksuele persoon wat 'n obsessie het om die onderwerp op gereelde grondslag hier te "herbesoek" en dan die gewone gal te braak dat almal het 'n "renons" het in homoseksuele persone. 
     
    Inderdaad is dit so dat baie soos De Klerk en sy soort nog steeds vasgevang in hul eie vooroordeel en sal geen gesprek sy soort daarvan laat afsien nie en is die trapsuutjies rondom die woord "renons" tekenend van daardie ontkenning om bloot net te erken dat die fobie, haat wat irrasionele homohater toon bestaan en aan selfondersoek moet onderwerp word. 
     
    Dit is absoluut onaanvaarbaar dat 'n verstokte dogmatiese ideologie soos 'n verteenwoordigende fundementalistiese "De Klerk" nog steeds hul vooroordeel op die res van die samelewing wil afdwing en nie kan verstaan dat homoseksualiteit 'n aanvaarde seksuele en emosionele uitdrukking is. 
     
    In teenstelling met die relaas van 'n sogenaamde enigste ware gelowige se ontleding van homoseksualiteit is die onlangse brief van die Anglikaanse Kerk wat lankal verby die kwessie van homoseksualiteit beweeg en al die punt van huwelike bereik het, tekenend van hoe agterlik die fundementalis werklik is: 
     
    In die Times of London (Lankal bekend aan my maar nou geplaas). Dit was gepubliseer 21 April 2012 en is ook agter 'n subskripsiemuur: 
     
    ‘Church should rejoice over same-sex marriages’
    Sir, Recent statements by church leaders past and present may have given the mistaken impression that the Church is universally opposed to the extension of civil marriage to same-sex couples. 
     
    We believe that does not adequately reflect the range of opinion which exists within the Church of England. 
     
    Marriage is a robust institution which has adapted much over the centuries. It has moved beyond the polygamy of the Old Testament and preoccupation with social status and property in pre-Enlightenment times. 
     
    While the Prayer Book states that marriage was ordained first for “the procreation of children” the modern marriage service begins by emphasising the quality of relationship between marriage partners “that they shall be united with one another in heart, body and mind”.
     
    The Church calls marriage holy or sacramental because the covenant relationship of committed, faithful love between the couple reflects the covenanted love and commitment between God and his Church. 
     
    Growing in this kind of love means we are growing in the image of God. That there are same-sex couples who want to embrace marriage should be a cause for rejoicing in the Christian Church.
     
    We welcome current moves by the House of Bishops to consider again its view of civil partnerships and human sexuality. 
     
    We hope this will lead to a recognition of God’s grace at work in same-sex partnerships and call on the Church to engage in theological discussion and prayerful reflection on the nature of marriage.
     
    We also welcome statements by the Bishop of Salisbury and the new Dean of St Paul’s Cathedral calling on the Church to affirm same-sex couples who want to take on the commitment of marriage. We believe that the Church of England has nothing to fear from the introduction of civil marriage for same-sex couples. 
     
    It will be for the churches to then decide how they respond pastorally to such a change in the law.
     
    Canon Giles Goddard (General Synod, Southwark); The Very Rev Jeffrey John (Dean of St Albans); The Right Rev Alan Wilson (Bishop of Buckingham); The Right Rev Michael Doe; The Right Rev John Gladwin; The Right Rev Lord Harries Of Pentregarth; The Right Rev Peter Selby; The Right Rev David Stancliffe; The Very Rev David Brindley (Dean of Portsmouth); The Very Rev Graham Smith (Dean of Norwich); The Very Rev Victor Stock (Dean of Guildford); April Alexander (General Synod, Southwark); John Ward, The Rev Stephen Coles and The Rev Clair Herbert (General Synod, London)
     
    Bo is daar 'n bewys dat ander "ware gelowiges" nie naastenby in dieselfde sielewroeging as hierdie en ander  "De Klerk's" verkeer nie. 
     
    Sal "De Klerk" en sy soort nou asseblief uit my slaapkamer bly en die verhouding wat ek en ander met ons geliefdes het nou met rus laat en tot insigte kom dat verhoudings, seks, emosies is eenders tot 'n groot mate onafhanklik van die seksuele orgaan wat die persoon ook al mag besit. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    NS, hierdie was NIE 'n poging om De Klerk wat hier opereer tot 'n gesprek te nooi nie, daarom is daar verwys na "De Klerk", waar die werklike De Klerk tiperend is van die selfaangestelde fundamentalis wat hul eie dogmatiese verstoktheid op die samelewing wil afdruk en geen selfondersoek kan doen nie. 
     
    In die "De Klerk" wat hier terplaatse opereer wel antwoord sal dit beskou word as die finale woord in hierdie siklus. 
     
    Dit is is genoegsaam om dit te stel dat dit 'n grillirige ervaring is om seks en emosie met so 'n persoon wat renons ervaar te bespreek. 
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Jy skop alweer teen die prikkels (ek sien dit in jou amper histerie waarmee jy nou weer die onderwerp toetakel wat jy onderneem het, om uit te bly). Daar is nie sprake dat die menings wat jy gee, ‘algemeen aanvaarde’ menings is, nie. Dit is maar die menings van die geaffekteerde groep en ook nie die hele groep, nie, slegs ’n klein deel van die groep beter bekend as homoseksualiste. Dit is hierdie tipe van oordrewe wanvoorstelling van jou wat maak dat gesprek nie kan vlot nie – dan praat ek nie eens van die ongure antagonistiese en aggressiewe byvoeglike naamwoorde wat deesdae so vryelik uit jou binneste uitsypel, nie …

    Die werklike algemeen aanvaarde mening, is soos ek dit uitgewys het en hoe jy ook al spook en slegsê en manifesteer, is dit ’n feit.

    Daarom is jy maar net weer besig om jouself te bedrieg – die óú agnostiese probleem.

    Spitzer sê mos duidelik wat hy meen, die ‘probleem’ is van sy studie. Hy weet nie of die respondente eerlik was, of nie. Skrale troos vir julle! Hy vra om verskoning, nie omdat hy oneerlik of verkeerd was, nie, maar duidelik omdat ’n 80 jarige ou man nie meer kans sien vir die persoonlike aanvalle en tirades van die minuskule groepie homoseksualistiese aktiviste, waarmee ons almal só vertroud is, nie… eerder homself sal verloën as om vêrder aan die tirades blootgestel te word – nou is daar ’n mate van ‘stilte’ om hom want hy as persoon is so effe uit die spervuur en as akademikus en praktisyn het hy niks meer te verloor, nie (praktiseer nie meer, nie) en is sy vrede vir hom meer belangrik as sy reputasie wat sy doel gedien, het.

    Maar, objektief gesproke, spreek die feite egter vir sigself. Skerp ontleding wys eintlik dat Spitzer wéér sy antagoniste – julle – uitoorlê het, deur subtiel die aandag weg te lei met ’n ‘apology’. Spitzer het inderwaarheid niks ongedaan gemaak wat hy vermag het, nie. Net die gullible aktiviste sien dit nie in, nie.

    Jy sien, in sý dissipline, die psigiese wetenskappe van psigiatrie  en sielkunde, is die praktisyns grotendeels afhanklik van die eerlikheid en openlikheid van hulle subjekte en proefpersone vir opregte objektiewe terugvoer. Intelligente mense manipuleer ook hulle toetse met redelike gemak, as hulle wil.

    Dus, Spitzer vra eintlik vir niks om verskoning nie – hy het die gewone praktyksroete roete gevolg van studies in die sielkunde en psigiatrie en het dus niks verkeerd gedoen, nie. Niemand van hulle, kan werklik toets of hulle subjekte of toetspersone eerlik en objektief is, nie. Mens moet maar na die omringende omstandighede kyk na die waarskynlikhede. Dit wys vir ons, in Spitzer se geval, met hierdie gewraakte studie van hom, dat die subjekte en proefpersone géén rede had om nié openlik en objektief te reageer, nie. Daar is ook geen getuienis dat hulle omgekoop of gedreig is op enige wyse, of dat hulle identiteite bekend gemaak sou word, nie. Hulle is ook - en dít is ’n báie belangrike aspek - vrywilligers. Dus, op die oorweldigende oorwig van waarskynlikhede, was die respondente van Spitzer se studie, openlike en eerlike mense wat objektief die saak vir Spitzer gestel het presies soos hulle dit ervaar. En daarmee is jou eie hoeragie weereens ’n miswolk wat in die oggendson, by die geringste ontleding, verdwyn. Gevalle in praktyk, soos juis die van Hernandez, bevestig sy bevindinge en die respondente se terugvoer aan hom. Ook gevalle hier ter plaatse - naamlik dat homoseksualiteit nie 'n oorerflike toestand is nie, maar 'n psigiese oorsaak het - 'n keuse (hoe moeilik ookal).

    Weereens het jy die materiaal verskaf wat my punt uit en uit bewys (met die aanwending van ’n bietjie insig – vryelik van God verkrygbaar) en moedig ek jou aan om weer so te maak.

    Ek bemerk, terloops, jy is vurig in jou aanmoediging  van jou tweede sondaar in sy kamstige ‘homoseksualiteit’. Jou vleesgenoot, Varkspek, sien dit as ’n gespottery deur jou tweede sondaar… en ek het dit ook só bemerk, maar vir my was dit totaal onnodig om met homoseksualiteit te spot en het ek dit só uitgewys.

    Wat bewerings van moord aanbetref, is dit 'n tweesnydende swaard. Daar is baie gevalle van homoseksuele wat moorde pleeg - wil jy dit ontken? Mense wat moord wil pleeg, sal enige rede aangryp, terwyl geen rede dit regverdig nie.

    Sogenaamde 'regstellende' verkragtings word gedoen deur mense wat 'n vreemde kultuur bedryf - vreemd aan die beginsels van die Christendom en jy weet dit mos... Maar sulke objektiwiteit in benadering kan mens ook nie meer van mense in jou toestand van hopelose magtelose vooroordeel en eiebelang verwag, nie.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top