Hoe die oorlog eindig

  • 2

Fotobron: Canva

Soos geskiedenis homself keer op keer herhaal
Soos die droom van die mens vasgevang is in die nagmerrie van ’n verhaal

Soos ouers nie meer kan gaan werk en kinders nie meer buite in die pad kan speel
Soos geliefdes nie mekaar kan vashou en moet op ’n afstand die omgee deel 

Soos tyd nie stilstaan en die lewe daagliks voortbeweeg
Soos hospitale vol loop en kerke leeg

Soos ons ’n vyand veg wat niemand kan sien
Soos die wêreld vasgevang is in die net COVID-19

Soos oplossings gesoek word en almal rug teen die muur is
Soos ons teenmiddels wil bekom vir die Koronavirus

So betaal ons daagliks die prys
Respekteer jouself asook ander en bly by jou huis

  • 2

Kommentaar

  • Môre Alain, wat ’n pragtige gedig. Ek wil dit graag gebruik vir Verpleegstersdag wat op 12 Mei is (Florence Nightingale sou dan ook 200 jaar oud gewees het). Ek woon in ’n versorgingsoord en ons seniors se afsondering was traumaties maar die versorging uitstaande. Hoop jy sal nie omgee nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top