Hoe die librils redeneer

  • 0

"koos sas" is ’n goeie voorbeeld van hoe die librils redeneer as die librils redeneer. As iemand nie saam met hulle stem nie trek hulle kop uit en druk einste in die sand. Die rede is eenvoudig: na jare se kondisionering is andersdenkendheid kettery en librils, op die gevaar heen om te erken die keiser is kaal, tree nie in debat met "plebs" nie.

Hy’s ook ’n goeie voorbeeld van die librils se eiewaan. SêNet se inhoud val nie in sý smaak nie so maak die ding dood, soos die vrou wat die babatjie gesteel het destyds wou gehad het Salomo met die babatjie moes maak.

Hy’s ook ’n goeie voorbeeld van die librils se oneerlikheid. Ouens van wie hy verskil skryf ‘onsamehangend’ maar dié wat ooglopend onsamehangend skryf – van wie hy nie verskil nie – hemel hy op. Nie dat ek beswaar het dat hy mense prys nie, ek het dit teen die gebrek aan konsekwensie.

Hy’s ook ’n goeie voorbeeld van die librils se slinksheid. Hy sê byvoorbeeld ek "dis daagliks ’n dagboekbeskrywing van die 80’s op", ’n skimp dat die rusteloosheid, klipgooiery en padversperrings met brandende bande, die soort van ding, eintlik ’n sogenaamde apartheidstorie was. Dit is natuurlik nie die geval nie, daar is so iets soos graadverskil. Daar was wel sporadiese gevalle daardie tyd want teen die 80’s was die skrif al duidelik teen die muur dat die NP besig was om PFP-beleid te implementeer. Die regering was egter nog ’n effektiewe regering en daar was nie die kontinuele uitbarstings teen gebrekkige dienslewering nie.

Ek wens ek kon sê ’good riddance’ maar ek kan nie; dit sal jammer wees as "koos sas" ophou bydraes lewer. Hy skryf goed, baie samehangend en hy’s van die min wat reg spel. Kyk byvoorbeeld na sy uitstekende brief oor Malema. Ek hoop maar "koos sas" spandeer sy wegtyd om groot te word en begin weer bydraes hier lewer.

Jan Rap 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top