Hitler en die sosio-politieke agtergrond van sy tyd

  • 4

Die brief hieronder is die opinie van die briefskrywer en nie van die LitNet-redaksie nie.

Sommige mense verafgod wat Hitler bereik het, maar ondersoek nooit die sosio-politieke agtergrond waarteen hy aan bewind gekom het nie. 

Die Duitsland na WO1 se ekonomie het gegroei deur alle dwelms en dwelmmisbruik te wettig; daarmee saam was bier goedkoop in biersale.  In die 1920's was dwelms soos bv. dagga, kokeïene, heroïene en vorme daavan onwettig verklaar, maar toe begin Duitse farmaseutiese maatskappye, chemiese weergawes vervaardig, naamlik Pervitin.
Die jonges in Duitsland, op 'n plak, voel toe dis tyd vir nuwe politieke ideologie weg van die knegskap van adelikes en Hitler vind groot byval. Ek het al gewonder oor sy "meesleurende persoonlikheid" waarvan in sielkunde klasse en boeke gepraat word, maar met Hitler en sy straatboewe aanbewind, word Pervitin vrylik verkoop in Nazi-Duitsland. Die weermag maak sjokolade, sigarette, energie-drankies en tablette deel van hul uitreiking aan soldate. Huisvroue word gelok met gewigsverlies en energie vir vele take. 
 
Al hierdie klink darem na die VSA se Amerikaanse droom, maar nou beleef VSA opioïdverslawing-epidemie, wat hul miljarde kos. Met Ramapolis as SA droom, gaan daar 'n wonderkuur vir SA kom met die NHI-plan? 
  • 4

Kommentaar

  • Wat van die anti-Nazi's? Hulle word verby gekyk. Hitler het aan die bewind gekom a.g.v van 'n verkiesingstelsel. Wat van die miljoene soldate wat nie Nazi's was nie? Die bevolking wat a.g.v bedrog gely het. Nie alle Duitsers is skuldig nie. Jy kan nie almal voor die voet beskuldig nie. Die grafte van duisende Duitse soldate wat, nadat die Russe veld terug wen, eenvoudig gelykgemaak word. Niemand wonder oor hulle nie. Japan huldig hul gestorwenes openlik. Maar O-wee..!, moet tog nie...dat Duitsland.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, jy mis die punt van Pervitin. Tablette, inspuitings, energie drankies, sjokolade en sigarette.
    Die Duitsers wie anti-Hitler was, was saam met Jode in konsentrasiekampe, as slawe arbeid.
    Die Russiese leër het op Vodka geloop vir Moedertjie Rusland...
    Die Duitsers het vir hul Vaderland gesneuwel...

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, tans is meeste van SA jonges op 'n plak van een-of-ander dwelm, onwettige of voorskrif. Baie wettiglik vir bv "aandag afleibaarheid"?
    Die SA ochlokrasie ekonomie is moertoe, maar elkeen wil iets verniet van belastingbetalers kry.
    As jy aftree, is enige "voorsiening vir aftrede/annuïteit, sekondêre inkomste met 42% belasting om in te betaal. Waag jy om werkie te kry, moet jou salaris liefs kontant wees, want gaan dit deur jou bankrekening, moet jy belasting betaal.
    Ons Calvinistiese agtergrond het vereis dat jy wettig trou, voor jy saam kon wakker bly. Die saam slaap was nie die probleem nie....
    Waar gaan ons eindig, sonder 'n oorlog om die populasie uit te dun? Die oorbevolkte Duitsland, na vrye seks na WO1, seks, dwelms en musiek, het in duisende onbekende grafte geëindig as kanonvoer.
    Wat politieke korrekte Duitsland betref, daar was nog nooit 'n heldedag of veterane dag, soos in Vsa.
    In SA word ook net" struggle heroes" gevier en herdenk. Meeste gesogte Nazi wetenskaplikes het in Vsa en Rusland geëindig, tydens Neurenberg verhore, wat die verhore "token" verhore maak.
    My skrywe handel egter oor die Sosio-ekonomiese agtergrond, waarin Nasionale Sosialisme /Nazis, aanbewind gekom het. Van die grootste beleggers in Hitler se weermag was bv Bush.
    Dan die sewe groot modehuise wie die Nazi's aangetrek het...
    Dit was iets anders as Keiser Wilhelm se Pruisiese Duitsland..

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, in SA het die OB, Ossewa Brandwag, groot aanhang gehad, oa by CR Swart, JB Vorster, PW Botha ens...
    Noem hierdie name en dit span die sg apartheid era beheer Broederbond.
    Is kultuur en gebruike bv volksspele ons eie?
    Wat ek wel weet, is dat geforseerde etniese amalgamasie net so 'n onding en menseregte skending is, as wat geforseerde etniese apartheid was. Tans is die beleid van geforseerde etniese amalgamasie besig om kop uit te steek in veral SA howe se regspraak. Is dit werklik vir howe om beleid van regering af te dwing op onaavaarbare wyse wat meerderheid bevoordeel, maar minderheidsregte skend? Laat my twyfel aan die onafhanklikheid van SA regsbank.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top