Hit & run-kêrel
Jy,
ja jy met die mullet en die bokbaard,
jy met jou help-my-sterk-lyk-hempie.
Jy is baie gevaarlik.
Met jou designer-jeans en getinte karvensters
dink jy jy’s al te fancy.
Koor 1
Jy’s ’n akteur, alles wat fake is.
Kos en water maak jou niks want jy lewe op leuens.
Om harte te breek is jou stokperdjie,
’n Hit & run-kêrel.
Nooit op een plek, of by een meisie.
Vers 2
Jy,
Ja jy met jou sag-soos-fluweel-woorde,
jy met jou lover boy-houding.
Jy wat niks hou van mineurakkoorde,
Want alles is net lag en speel-speel.
Een ding wat jy nie sal hê is ’n trouring.
Herhaal koor 1
Brug
Wat het ek gedoen?
Hoekom was ek nie genoeg?
Jy,
die lafaard,
het dit reggekry om oor my hart te ploeg.
Hoe?
Koor 2
Want jy’s ’n akteur. Alles wat fake is.
Ek kon jou nie verander, jy’t my gevang met leuens.
My hart gebreek en aanbeweeg.
Ek was jou hit & run-slagoffer,
jy was op ’n ander plek en by ’n ander meisie.
![]() |



